012 665 3882 / 012 665 3434 / 073 502 5003
012 665 3882 / 012 665 3434 / 073 502 5003

HOME

Centurion Dental Wellness

Vir ons hier by Centurion Dental Wellness gaan dit oor meer as net tandheelkunde, dit gaan oor totale mondgesondheid!! Hier strewe ons daarna om bekostigbare, kwaliteit tandheelkundige behandeling te bied met ‘n glimlag. Ons hou daarvan om ‘n breë spektrum van pasiënte te behandel, van kinders na studente, van jong profesionele na gevestigde sakemense, van families na senior burgers.

Ons praktyk is in Highveld, in die hart van Centurion, in die Highveld Medical Centre. Ons is naby aan skole, besigheidsparke, woonareas en inkopiesentrums. Die Highveld Medical Centre is maklik om te vind, veilig en netjies met baie parkeering. Ons dien die gemeenskappe van South Downs, Centurion Country Club, Midstream, Highveld, Irene, Cornwall Hill, Zwartkop, Rooihuiskraal, Wierdapark, Eldoraigne, Clubview en nog vele meer. Dit is ‘n pragtige, moderne en lewendige praktyk met vriendelike en bevoegde personeel. Ons strewe daarna om op hoogte te bly met tegnologie en gebruik net die beste kwaliteit en moderne material.

Ontmoet die Span

Mediesefondse

Ons is ‘n mediesefonds praktyk en is ingekontrakteur by meeste fondse, soos:

Netwerkverskaffer

Ons is ook ‘n netwerkverskaffer vir baie fondse, insluitend:

By Centurion Dental Wellness hou ons van alle tipe tandheelkunde en bied ‘n groot verskeidenheid van dienste.

Ons Dienste

Endodonsie

Pynverligting en Wortelkanaalbehandeling. Wortelkanaalbehandeling word benodig as bakterië die senuweeweefsel van die tand binnedring deur of ‘n kawiteit, fraktuur af ander ernstige skade.

Ondersoeke

6 Maandelikse ondersoeke. Hierdie ondersoeke is verskriklik belangrik. Indien dit 6 maandeliks gedoen word kan meeste tand- en mond probleme voorkom, of selfs ge-elimineer word terwyl die probleem nog in die beginfase en relatief klein is.

Ekstraksies

Verwydering van tande. Ongelukkig moet tande soms verwyder word as gevolg van erge pyn en onherstelbare skade, of soms as gevolg van spasie tekort en ortodonsie.

Herstellende Tandheelkunde

Herstellings en vulsels. Ons gebruik tandkleurige hesrtellingsmateriaal om gefraktuurde en karieuse tande te herstel, sodat dit weer soos nuut lyk en funksioneer.

Prostodonsie

Krone, Implantaatkrone en Bruë. Krone is porselein, sirkonium en keramiek ‘doppies’ wat gebruik word om erg beskadigde of swak tande te versterk en herstel. Bruë en implantaatkrone word geplaas om afwesige tande te vervang.

Ortodonsie

Basiese ortodontiesebehandeling. Dit sluit in die vroeë diagnose van moontlike spasie en kaakverhouding probleme. Ons kan tandposisie en kaakverhouding manipuleer met vaste en/of verwyderbare prosteses om die verlangde resultaat te kry.

Kosmetiese & Estetiese Tandheelkunde

Bleiking, venere, krone en tandkleurige (wit) herstellings. Een van die groot voordele van moderne tye is dat ons die voorkoms en meer belangrik u selfbeeld deur tandheelkunde kan beinvloed.

Impaksies & Sjirurgiese Verwyderings

Verwydering van verstandtande en wortelreste. Meestal as gevolg van spasie tekort in die kakebeen, kan verstandtande, of soms ander tande, vassit in die kakebeen en onder die tandvleis. Dit veroorsaak erge pyn en infeksie van die been en tandvleis in die area. Hierdie tande moet sjirurgies verwyder word, meestal in teater onder sedasie.

Mondhigiëne & Voorkomende Tandheelkunde

Skaleer, poleer, skoonmaak, seëls en fluoriedbehandelings. Ses maandelikse skoonmaak van tande is baie belangrik om jou tande en tandvleis gesond te hou, deur die skadelike bakterieë en tandsteen te verwyder voor dat dit tandvleisontsteking, resessie en selfs beenverlies veroorsaak.

Teater & Sedasies

Vir die kinders of enige senuweeagtige pasiënte, is teater ‘n wonderlike manier om sommige behandelings te voltooi.

Digitale X-strale

Intra en ekstra oraal, insluitend Panorex x-strale. Ons bied hoë gehalte digitale x-strale wat veilig is en baie laer radiasie het as die ou konvensionele x-strale.

Pedodonsie

Kinder tandheelkunde. Kinders benodig ekstra aandag en spesiale behandeling. Ons almal weet hoe angswekkend ‘n tandarts besoek kan wees, selfs vir volwassenes, ons probeer om die behandeling so pret  en gemaklik as moontlik te maak.

Klein Sjirurgiese Prosedures

Kroonverlengings, biopsies, kontoering van tandvleis ens.

Laboratorium Prosteses

Gebitte of ‘valstande’, Bytplaatjies, Sport Mondstukke ens.

Verwysings

Ons verwys na slegs die beste spesialiste in ons area of wyer.

Facebook Nuus

Unable to display Facebook posts.
Show error

Error: Error validating access token: Session has expired on Sunday, 13-Oct-19 23:16:36 PDT. The current time is Thursday, 17-Oct-19 23:13:53 PDT.
Type: OAuthException
Code: 190
Subcode: 463
Please refer to our Error Message Reference.